Besig om te laai .........

MERWEVILLE

Ja die einste Merweville van Kyknet se "Die Boekklub"

002Dorp.jpg

Merweville is ‘n dorp geleë in die Beaufort West Munisipaliteit, Weskaap,  45 km noord-wes van Prince Albertweg en 160 km suid-oos van Beaufort Wes.  Op die N1 draai by Prins Albertweg en geniet die nuwe teerpad, voltooi in 2015,  tot op die dorp. Vir die wat van grondpad ry hou is daar is nog drie ander toegangspaaie na Merweville. Hierkan jy nog die kleinwereldse bekoring van die platteland ervaar en geniet, vat die kans en draai af van die N1. 

Op die R353,  Leeu Gamka - Fraserburgpad is daar ‘n afdraai na Merweville, en 40 km se redelike grondpad bring jou tot op die dorp.  Die ander afdraai op die N1 is by Koupstasie en dan is dit 90 km grondpad dorp toe. Dan is daar die 105 km op die R356 vanaf Sutherland.

Op alle paaie in die distrik word motoriste gemaan om versigtig te bestuur en op die uitkyk te wees vir koedoes.

Die dorp is in 1904 op die plaas Vanderbijlskraal, woning van Johannes Jacobus Le Seur van der Bijl, gevestig. Hy het ‘n skool en ‘n kerk vir die gemeenskap opgerig.  Hy het ook ‘n winkel geopen en het ook as polisieman en magistraat opgetree. Hy is gedurende die Angloboereoorlog deur Kommandant Malan in sy eie tronk toegesluit.  Die dorp is vernoem na Ds Pieter van der Merwe.

‘n Lae-graad steenkool neerslag is in die omgewing gevind. Van die uitgewerkte skagte is steeds sigbaar op van die plase in die distrik.

Bernard Israel Nowits, ‘n Kaapstadse winkelier, het die NG Kerk genader om prospekteer regte te bekom maar dit is afgekeur. Intussen het hy verlief geraak op ‘n plaaslike meisie, maar die se pa was nie geneë dat sy met ‘n jood sou trou en of die distrik wou verlaat nie.  Net daar het Bernard homself as ‘n christen-jood verklaar en het ‘n steunpilaar in die distrik en in die kerk geword.  Oor tyd het hy talle ander jong jode oorreed om ook na Merweville te verhuis waar van hulle met plaaslike meisies getroud is en hulle op Merweville gevestig het.

Merweville is geleë in die Koup. Die naam is gegee deur die eerste bewoners van die gebied. Hulle het gemeen die goue gras met die donker grond tussenin lyk vir hulle soos die vet om die lewer van ‘n skaap.  Die dorp se bedrywighede gaan hand aan hand met dié van sy boerderygemeenskap. In die distrik met sy uitgestrekte plase word met olywe, uiesaad, vrugtebome en volstruise geboer, maar dit is veral vir sy skaapboerdery wat die Koup bekend is.  Water in die karoo is skaars en die rivier loop selde, so selde dat wanneer dit gebeur kom alles tot stilstand, tot die skole se leerders kom kyk na die lopende water.  Te danke aan ‘n sterk boorgat kan die munisipaliteit water aan die dorpenaars voorsien.  Talle dorpserwe het ‘n eie windpomp, wat toesien dat die vrugteboorde en groentetuine water kry.

Die Karoo, wat hierdie streek insluit, was ook onlangs in die nuus vanweë die onwelkome voorneme van skaliegas ontginning.

Merweville is een van die enkele ongerepte “outydse” dorpies in Suid-Afrika.  Daar is in die hoofstraat geen straatligte nie, die plaaslike owerheid het beplan om groot spreiligte bo-op hoë pale op te rig maar die Merweville Landbouvereniging het daarteen beswaar aangeteken en die plan is laat vaar. Merweville is ‘n klein dorpie met ‘n groot hart.  Stap na donker in die straatliglose hoofstraat af, heelwaarskynlik sonder dat jy ‘n ander mens of motor sal sien,  en verkyk jou aan die naghemel.  Karoodorpies soos Merweville kry deesdae 'n nuwe asem soos wat al hoe meer stedelinge 'n huis hier koop om naweke te kom ontspan. Talle sogenaamde “inkommers” het al hier 'n plekkie aangeskaf, om so nou en dan bietjie rustighed en vrede te kom geniet.  Nie almal verstaan, of begryp  hoe om die klipkoppies en rustigheid van die Karoo te waardeer nie, maar diegene wat dit ken, sê dat daar niks beter is nie en as dit eers aan jou gevat het los dit nie maklik nie.  Vir diegene wat wonder oor die hoofstraat sonder straatligte, die muisipaliteit wou straatligte laat opsit maar die inwonders het daarteen geskop en die plan is laat vaar.

Hier in die dorp is dit ook glad nie ongewoon om skape en bokke in erwe te sien nie, en aanplanting van gorntetuine en vrugte bome word nog baie gedoen.  Op Merweville is nie 'n groot stads tipe supermark nie.  Voorraand word van ver af ingebring so om jou eie vars produkte te kweek is 'n alternatiewe oplossing.

Die eerste veeboere het tussen 1750 en 1760 in die distrik weidinglisensies bekom en 'n ene Mnr Kruger was een van die eerstes wat in 1755 vir Houtenbeck 'n weidinglisensie bekom het.  Die eerste permanente boere het hulle vanaf 1838 hier in die distrik kom vestig en tot vandag toe boer van hulle nasate in die distrik. 

 

Eskom krag is op 13 Julie 1991 op Merweville aangeskakel.

  


 

Merweville is a town located in Beaufort West Municipality, Western Cape 45 km north-west of Prince Albert Road and 160 km south-east of Beaufort West. Turn off the N1 at Prins Albert Station and enjoy the new tar road to the town.  There are three other roads to Merweville, on the R353,  Leeu Gamka Fraserburg Road there is a turn-off to Merweville, 40 km of dirt road will bring you in to the town. The alternative route form the N1 is the turn-off at Koup Station and then there is a reasonable dirt road of 90 km to the town.  This road is mainly used by the farmers in the district. The last access road of 105km is on the R356  from Sutherland, however this road is not suitable for cars.

The town was established in 1904 on the farm Vanderbijlskraal, home of Johannes Jacobus Le Seur van der Bijl, who built a church and school for the community. An forward-thinking, entrepreneurial farmer he also opened a shop and acted as justice of the peace and magistrate. During the Anglo-Boer War he was locked in his own jail by Commandant Wynand Malan who made off with the cell key.

Some low grade coal was found in the area and this kept the town and surrounds warm during the Anglo-Boer War. This was not a viable coal field, but disused shafts attract tourists who today visit holiday farms. A Cape Town Merchant, Bernard Israel Nowitz approached the Dutch Reformed Church for permission to prospect and mine. It was not granted, but by then he had lost his heart to a local girl.

Her father was not keen on her marrying a Jew, nor leaving the area. So Bernard declared himself a Christian Jew, became a pillar of the local community and a stalwart of the church. In time he persuaded many more young Jews to come to Merweville where many married and settled down.

Merweville lies in the Koup. The word means "caulfat". The area was named by early indigenous inhabitants. They felt the patches of golden veld grass interspersed by dark brown ground resembled the fat and blood vessels surrounding a sheep's liver. The reason for this name is quite apparent at the onset of winter. Then the veld is less lush. The gold and brown patches become quite evident.

Merweville is a gem. It has one tarred road, electricity, but no street lights. The town may be isolated, small and unsophisticated, but it has a warm heart, unstinting hospitality and an, hard to beat, old world charm.

 


 

WAT OM TE DOEN/KYK

  • Besonderse Sonsondergang
  • Uitstekende motorfiets roetes
  • Vroeë môre draf of stap
  • Voëlkyk
  • Fietsry op die lekker grondpaaie met min verkeer
  • Besoek die Engelsman se Graf
  • Sterrekyk
  • Dankfees einde April
  • Dagrit na Prins Albert / Swartbergpas
  • Dagrit na Fraserburg
  • Besoek ‘n skaapplaas
  • Jag in die winter
  • Koop die beste skaap/lamvleis
  • Besoek die Algemene Handelaars
  • Klim Letterkop agter die kerk
  • Niks – dit is die lekkerste
  • Ervaar die “vulstasie”
  • Stap in die dorp

 WELKOM IN MERWEVILLE

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

  

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

DIE POSKANTOOR EN TELEFONE

In die tyd van die van der Byls tot by hulle vertrek op 25 Junie 1904, en vir jare daarna het die stoepkamer van die gebou gedien as poskantoor.  Pos is weekliks met ‘n perdekar op Prins Albertstasie gaan haal. Die gebou staan vandag nog en alhoewel die posbus nie meer in gebruik is nie, is dit steeds daar.

 

 

Gedurende 1916 is ‘n telefoonlyn tussen die dorp en Prins Albertstasie gebou maar net enkele lyne in die dorp en op plase is ingesit.  Eers in 1951 is meer lyne geinstalleer en is meeste plase voorsien van ‘n telefoonlyn.  Die alombekende gedeelde plaaslyn. 

Op I Mei 1923 is die poskantoor verkuif na ‘n gebou wat in Piet Retiefstraat was.

 

 

Die nuwe poskantoor in Voortrekkerweg word gedurende 1954 voltooi en in hierdie tyd het vervoer ook sodanig vooruitgegaan dat JN Solms die pos vier dae per week vervoer.

 

 Merweville Poskantoor Personneel 1954

 

Tans is daar slegs 'n Poskantoor agentskap op die dorp, en dit word vanuit die du Plessis Algemene Handelaar gebou, in Hugenotestraat bedryf.

 

 

 

 

 

 

Die SA Poskantoor het die poskantoor in Voortrekkerstraat aan die einde van Januarie 1996 gesluit, Me Belia Muller was die laaste Posmeesteres.

 

Dit word afgegradeer na 'n Posagentskap en is verskuif na die gebou van NP du Plessis, Algemene Handelaar in Hugenotestraat.   

 

Merweville Poskantoor Agentskap
Merweville Poskantoor Agentskap

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

  

 

 

 

 


 

DANNY "SKAAP" LOTTERING

Een van Merweville se inwoners was onlangs 'n gas op Coenie de Villiers se program "'n Ander wêreld met Coenie."

Danny "Die Skaap" Lottering is een van die manne wie se kantoor die stuurkajuit van 'n groot trok is.  Danny is baie bekend by die RSG luisteraans wat inskakel op die laataand program "Siele op Wiele" en dit was ook Danny se voorreg om in die RSG ateljee saam met die aanbieder, Ettienne Ludick op die lug te wees.

Baie geluk Danny en dankie dat jy Merweville se naam hoog hou - hou die wiele veilig op die teer.