Besig om te laai .........

LETTERKOP

 

 

  Letterberg.jpg

Letterkop, styg uit agter die grys sandsteen NG Kerk tot op 'n hoogte van 800m bo seespieël. Die kerk staan naastenby op 700m bo seespieël. Neem 'n verkyker, kamera, bottel water en 'n toebroodjie en klim tot bo en sien hoe Merweville vanuit die hoogte lyk. Vandaar kan jy ook sommmer baie ver die omgewing bespied. Die Karoo, met weining lugbesoedeling, gee mens die geleentheid om ongehinderd ver te sien en die pragtige uitsig oor die dorp te geniet.  In die somer is dit raadsaam om die tog of vroeg in die oggend, of laat namiddag aan te pak.

Vir diegene vir wie die klim of nie moontlik is nie of net nie lus is daarvoor is nie, is daar 'n alternatief om die uitsig te geniet. Daar is 'n pad boontoe, wat in 2002 gebou is vir toegang na die selfoon toring, maar daar is 'n hek wat gesluit is, doen navraag by die Munisipale kantoor omtrent die sleutels.

 

 Geskiedenis van Letterkop

"Merweville 1904" is volgens oorlewering met die stigting van die dorp uitgepak, maar die letters is later vergroot.  

"Jesus Leef" is in 1998 met die besoek van die Diensjaar-span uitgepak.

"Die Kruis" op die koppie agter die kerk is deur ds. van Vuuren, Johan Marais en Antonie (Hans) Botes opgerig.  Die beligting van die kruis is moontlik gemaak deur mnr Pieter van der Bijl, agterkleinseun van die oorspronklike eienaar van Van der Bijlskraal.

 "Welkom" is in 1918 teen die noord-oostekant van die kop, deur F. Mocke met klippe gepak vir die eerste Ringsitting te Merweville, wat weens reën nooit plaasgevind het nie.

 

UITSIG VANAF LETTERKOP