Besig om te laai .........

DIE POSKANTOOR EN TELEFONE

In die tyd van die van der Byls tot by hulle vertrek op 25 Junie 1904, en vir jare daarna het die stoepkamer van die gebou gedien as poskantoor.  Pos is weekliks met ‘n perdekar op Prins Albertstasie gaan haal. Die gebou staan vandag nog en alhoewel die posbus nie meer in gebruik is nie, is dit steeds daar.

 

 

Gedurende 1916 is ‘n telefoonlyn tussen die dorp en Prins Albertstasie gebou maar net enkele lyne in die dorp en op plase is ingesit.  Eers in 1951 is meer lyne geinstalleer en is meeste plase voorsien van ‘n telefoonlyn.  Die alombekende gedeelde plaaslyn. 

Op I Mei 1923 is die poskantoor verkuif na ‘n gebou wat in Piet Retiefstraat was.

 

 

Die nuwe poskantoor in Voortrekkerweg word gedurende 1954 voltooi en in hierdie tyd het vervoer ook sodanig vooruitgegaan dat JN Solms die pos vier dae per week vervoer.

 

 Merweville Poskantoor Personneel 1954

 

Tans is daar slegs 'n Poskantoor agentskap op die dorp, en dit word vanuit die du Plessis Algemene Handelaar gebou, in Hugenotestraat bedryf.

 

 

 

 

 

 

Die SA Poskantoor het die poskantoor in Voortrekkerstraat aan die einde van Januarie 1996 gesluit, Me Belia Muller was die laaste Posmeesteres.

 

Dit word afgegradeer na 'n Posagentskap en is verskuif na die gebou van NP du Plessis, Algemene Handelaar in Hugenotestraat.   

 

Merweville Poskantoor Agentskap
Merweville Poskantoor Agentskap