Besig om te laai .........

In konringkriek tyd was dit vir ons n tydverdryf om soveel moontlik van die goed (aaklig en grillerig) in n sak te gooi, dan maak hulle die snaakste kraak skreeu geluide. Later is die sak so vol dat die sous onder uit loop. Ek het ‘n braai tang gebruik om hulle op te tel. Dit was net te grillerig vir my.

Ons het buite in die veld paaie geskraap en vir ons voortjies aangele. Dan het ons bietjie water ingegooi in sulke klein dammetjies wat ons gebou het. Ons het met die pad gery met ons karretjies van die een plaas na die ander plaas. Dan kuier ons bymekaar. Drink tee, gesels soos grootmense boeresake, oor die weer en politiek, wanneer dit weer gaan reen, wat die markpryse vir skape of beeste op die oomblik is en wanneer doseer jy weer jou skaap vir bloutong of iets dergliks.

In die speelkamer (ons het ons eie kamer gehad) het ons huise gebou, afskortgings gemaak van komberse en lakens. Klein stoeltjies en koppies en pierings daarin gesit. Kookwater by die woonhuis gaan haal en vir mekaar tee gemaak. Onskuldig, lekker en prettig. Ons het dit geniet.

As daar mense kom kuier het ons n groter groep kinders was, was die speletjies so dat dit n groep kinders kon insluit. Bok bok staan styf, vrot eier, wegkruipertjie, cow boys en crooks, klippie skool, albasters, tol gooi, rek spring, kennetjie, bok in die hok, “over”. ens. was die dinge waarmee kinders hulself besig gehou het. Dit was ons televisie programme. Want daar was nie televisie nie. Ook nie so iets soos video’s nie. Die woord rekenaar was nie deel van ons woordeskat nie. Ons het nooit gehoor van sulke goed nie. Daar was nie selfone nie.

Vertel gerus wat julle as kinders gespeel het??