Besig om te laai .........

Ek is gebore in klein plattelandse dorpie in die Noor Kaap in ‘n huis in die hoofstraat ongeveer vier uur die oggend van 25 Julie 1961, ek is ‘n Republiek baba. Nooit het ek kon dink dat daar ook 1994 onafhanklikheids baba's sou wees en in 2000 is die millenium baba's gebore. Min het ek geweet hoeveel ander mense wat ek later sou leer ken, ook op hierdie dag gebore is. Dit het die oggend hard gereën op die sink dak toe ek my eerste lewens asem in geneem het. (Dit kan ek baie goed onthou) Daar was nie ‘n dokter teenwoordig nie, net ‘n vroedvrou, suster Estherhuysen. Sy het maar meeste van ons gevang in daardie jare. Hulle het gese sy het nie sommer misgevang nie. Sy het seker gemaak sy het jou as jy besluit jy kom nou. Indien jy n plaasboer was, moes jy suster Estherhuyse ‘n gelling parafien, n slagskaap en £10 betaal. Indien jy n dorpsnaar was, moet jy net die gelling parafien en en £10 betaal. Dit was gelukkig gelykstaande aan R10 in daardie jare. In die laat 70tiger jare het jy vir R1 ‘n volle £2 gekry. Na die geboorte moes die moeder vir 10 dae plat le omdat haar melk moet inskop. Daarna kon sy opstaan en huistoe gaan met haar baba.

Pa het so ‘n kissie medisyne gehad, ‘n homopatie-kissie. Daarin was klomp botteltjies pilletjies. Al die pillejties het dieselfde gelyk, maar op elke botteltjie was iets anders geskrywe: insekbyte, mislikheid en nog ‘n klomp ander goed ook. Onder andere ook bednatmaak. Die botteltjie het ek in Sub A skelm leeg gedrink. Met geen uitwerking op my “waterworks” nie. Ek het nie geglo in daardie kissie nie. Ons het ook eenkeer die pilletjies omgeruil. Ons gooi dit uit, dan gooi ons bv die mislikheid pilletjies in die insektebyt botteltjie en andersom.

Ek onthou een aand dat ‘n skerpioen pa gesteek het, so deur sy sandale. Hy het ook uit daardie kissie pillejties gedrink, en hy het nie doodgegaan nie. Maar ek was baie bekommerd, want ons het al die pilletjies al omgeruil. Ons het gewonder of ons nou dadelik moet uitkom met wat ons gedoen het, maar ons het eers gewag om te sien wat gaan gebeur. Niks is meer in die regte botteltjies nie. Wel, solank mens glo dit help, dan sal dit help. Ek wou eers met die skerpioenbyt voorval dadelik na vore kom met wat ons gedoen het, want as pa nou verkeerde pilletjies drink en dit help nie, wat dan? Ek het besluit ek sal rustig eers kyk wat gebeur. Pa het gesond geword. Daar moes tog iets in gewees het.

Met n vleiswerk op die plaas het ek my hande diep in die ennemal skottel ingesteek, tot onder dat ek die vleis goed kan meng. Daar het n stuk ennemal onder my nael ingesteek tot by die wortel van die nael verby. Ek moes self kamer toe gaan, dit begin uitkrap met 'n naald en pyn pille drink. Dis nie dood sake nie, ons kan eers more dokter toe gaan. Die vleis moet nou kaar gewerk word. Op n ander keer het ek geval in die gang op die houtvloer. Daar het n splinter onder my vel ingesteek, seker so 5 cm lank. Die dokter het sommer so iets op my hand gegooi wat kamptig dit verdoof, my pa het my arm vasgedruk op n tafel, en die dokter het vinnig gesny om dit uit te haal.

Dit was ander tye daardie.